We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

Honger Monster

by Swart

supported by
/
  • Streaming + Download

    Includes high-quality download in MP3, FLAC and more. Paying supporters also get unlimited streaming via the free Bandcamp app.
    Purchasable with gift card

      name your price

     

1.
Dans & Brand 03:14
Verloor jou in die strome van verbeelding ek hou my kop bo water tot ek in 'n see van kleur verdrink Die klank verly my en note soen my Dis malligheid die, maar daar's niks wat my kan keer nie Ons is slawe en hierdie is ons straf Verlore maar tog vry met een voet in die graf Dis nie 'n droom nie Is dit 'n halusinasie? Die waarheid word 'n storie wat net nooit wil eindig nie ...en hier is ek en jy ons staan en dans en brand vir ewig in die ritme vasgevang Ons is slawe en hierdie is ons straf Verlore maar tog vry met een voet in die graf Dis verslawend Hoe't ek hier beland? Kom jy saam met my vir ewig dans en brand
2.
Weghardloop 03:19
Ek's uit by die ruit Ek't vanaand finaal vir myself besluit en ek droom daagliks daar's iets beter en mens het blykbaar net een lewe Ek staan op die rand My nuwe lewe bloei aan die onderkant en ek sweer ek't 'n duisend redes en die beste tyd is nou Ek wil in die niet/nuut verdwyn en nooit weer terugkyk Vryheid is net 'n woord tot jy regtig fokkin weghardloop Ek wil in die niet/nuut verdwyn en nooit weer terugkyk Vryheid is net 'n woord tot jy regtig fokkin weghardloop Sal jy nooit hier kan verdwyn en nooit weer terugkyk Vryheid is net 'n woord tot jy regtig fokkin weghardloop
3.
Sirkels 03:14
Ek wil al my kettings afbreek Grys geboue om laat keer Soos 'n golf wat nooit wil breek nie Soos 'n skip op die bodem van die see Ek's 'n engel sonder vlerke Ek's 'n duiwel met my horings afgesny Die gevoel in my raak al hoe sterker Daar's 'n leeu wakker hier binne-in my Vir ewig in sirkels Alles al duisend keer probeer Sien die lig wil deurbreek Die keer is dalk de laaste keer As ek kon glo in wonderwerke As ek bonatuurlik krag kon kry Hierdie om-en-om gesprekke is net nie meer genoeg vir my Vir ewig in sirkels Alles al duisend keer probeer Sien die lig wil deurbreek Die keer is dalk de laaste keer
4.
Jy's die laaste trekkie van my laaste sigaret Soos om alles te onthou wat jy wou vergeet het 'n Kop vol geheime kan jou nie kwalik neem 'n Bottel goedkoop wyn 't maar net aangeneem Jy het al te veel gebloei om om te gee Jy het al te veel gebloei om om te gee Ek is in 'n hemel oorgeverf in swart Al die goue strate Donker soos jou hart As jy lag begin die son skyn As jy huil begin dit reën Ek wil binne-in jou inklim en jou bloedpomp by jou steel 'n Kop vol geheime kan jou nie kwalik neem 'n Bottel goedkoop wyn 't maar net aangeneem Jy het al te veel gebloei om om te gee Jy het al te veel gebloei om om te gee
5.
Versmoorlief 02:31
-instrumenteel-
6.
Ek's 'n skelm in die nag Ek's die mes wat vir jou wag en my gewete is al lankal uitgesny Vergeet als wat jy weet Verkoop als wat jy het Dis nou verlede, van nou af is jy vry Kom saam vanaand Ek sal jou leer dans met die maan en dit alles sal verbygaan Wat afgaan moet weer op Pasop daai koeël kom vir jou kop Ons loop op wolke, hoër as julle almal nou Ek wil smelt in die plesier en verdrink in liters bier Ja daar's geen rede om myself in te hou Kom saam vanaand Ek sal jou leer dans met die maan Jy't niks om te verloor Gee net oor Ek sal jou leer dans met die maan Verlief vir ewig
7.
Kamikaze 03:14
Ek is aan die ander kant Daar's geen manier hoe ek kan sê dat ek jou gaan onthou nie Ek's verlief maar nie op jou nie en as is net verbrande hout en omgee was ook net 'n fout wat ek nooit weer sal maak nie Solank die drank net nooit opraak nie Kaksleg, verveeld, dis erg ons almal moer ons lewens weg Te hard, te seer, fokkin lekker Kom ons doen dit nog 'n keer Gee my net die goue gif Skink dit en ek skiet hom kop toe Die gevoel is hemels Ek's 'n slaaf vir elke impuls en jy kan maar vir ewig wens of opstaan en iets doen omtrent jou drome, jy's verlore Jy sal loop maar nie op kole Kaksleg, verveeld, dis erg ons almal moer ons lewens weg Te hard, te seer, fokkin lekker Kom ons doen dit nog 'n keer
8.
Jy sê jy sukkel om op te kom en jy is moeg vir hierdie kruis wat jy moet ronddra en al die redes daarvoor laat jou wonder Dit voel of alles om jou nader kom Jy's paranoïs en jy is goed geseën met fobies Dit laat die wêreld lyk soos 'n honger monster Niks voel meer soos aan die begin nie Dis verby, sien jy, die horison sluk die son in en ons paadjie word nou net te donker ...en jy kan dit nie meer aanhou doen nie Jy verdrink in die gevoel wat jou hart laat sink Dit laat die wêreld lyk soos 'n honger monster (soek god, sonder 'n kruis, droom groot, jy moet bewys, jy spook, maar niemand sien, jou bloed kook, maar niemand sien)
9.
Die Masjien 02:31
My vriend, jy weet dit Jy's net 'n deel van die masjien Geen rus, geen vrede Jy weet ons almal het ons prys Wees skoon en tevrede Wees onoorspronklik soos jou kloon Ek soek die vreemde en hierdie wêreld is te klein ...en ek het geleer As jy soek sal jy bloed moet sweet soos 'n dier op jou knieë Oppad nêrens heen My hart is vol rook ek weet Ek's 'n dier op my knieë Fok dit, ek's oor dit Niks wat jy sê kan my oorreed Ek voel nie beter Dit groei in my soos 'n wilde roos Ek het geleer As jy soek sal jy bloed moet sweet soos 'n dier op jou knieë Oppad nêrens heen My hart is vol rook ek weet Ek's 'n dier op my knieë
10.
Die somer is nou, die somer is al verby. en jy soek nou, soek nou na sekuriteit. Liefdelose liefdesverhaal, net met vetter beursies, as jy kon weer kies. Maar ek weet beter, ek weet. Ek weet beter, ek weet. Jou kop word voller maar jou hart word leër. Die somer is nou, die somer is al verby. en jy soek nou, soek nou na stabiliteit. Jy's opsoek na 'n tonnel, vir jou tonnelvisie. Geen ambisie. Maar ek weet beter, ek weet. Ek weet beter, ek weet. Jou kop word voller maar jou hart word leër. Paniek het jou in koue sweet in geslaan!
11.
Geluk 03:45
My skip is aan die sink Ek's aan die spore vasgebind Iemand het dit in vir my maar ek weet dis nie my tyd Want ek spoel weer uit op land en die trein kies die ander kant jy is net wie jy is en jy kry net wat jy kry Geluk is net geluk en ek's al gelukkig vir 'n ruk ry die golf tot hy jou spoel as jy weet wat ek bedoel jy kan met my toor ek het niks om te verloor more is 'n kaal bladsy met haar bene oop vir my Geluk is net geluk en ek's al gelukkig vir 'n ruk ek ry die golf tot hy my spoel as jy weet wat ek bedoel

credits

released September 11, 2013

Geskryf deur Kruger van Deventer en Francois van Deventer.
Geproduseer deur Kruger van Deventer en Stefan du Randt.

Written by Kruger van Deventer & Francois van Deventer.
Produced by Kruger van Deventer en Stefan du Randt.

license

Some rights reserved. Please refer to individual track pages for license info.

tags

about

Swart South Africa

shows

contact / help

Contact Swart

Streaming and
Download help

Report this album or account

If you like Swart, you may also like: